Die kat kom weer

Zuid-Afrikaans volkslied

Ou Jan Wilson had 'n kat wat die ou niet wou verlaat.
Hy 't alles geprobeer om die kat daar weg te keer,
selfs na die predikant om raad van hom te kry.
Die predikant die het gesê: "Die kat moet daaar bly."

Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag,
die kat kom weer, net die volgende dag,
die kat kom weer, o glo vir my dis waar,
die anderdagmôre was die kat weer daar.

Hulle sit hom op 'n skip en hul stuur hom na Ceylon.
Die skip die was gelaai met 'n twaalfduisend ton.
Nie vernie van die land daar het die skip gesink
en al die matrose op die skip het verdrink.

Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag,
die kat kom weer, net die volgende dag,
die kat kom weer, o glo vir my dis waar,
die anderdagmôre was die kat weer daar.

Hulle sit hom in 'n ballon en die man neem dit aan:
die katjie te gaan gee vir die man in die maan.
Die ballon het gebars met 'n geweldige skoot.
Tien myl van die plek lê die man morsdood.

Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag,
die kat kom weer, net die volgende dag,
die kat kom weer, o glo vir my dis waar,
die anderdagmôre was die kat weer daar.

Die boer die sweer toe blou: ja, hy sou die kat doodskiet.
Hy laai toe sy ou sanna met kruit en dinamiet.
Hy lê die kat toe voor, die pad wat hy sou kom.
Die anderdagmôre lê daar net vel en been!

Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag,
die kat kom weer, net die volgende dag,
die kat kom weer, o glo vir my dis waar,
die anderdagmôre was die kat weer daar.

Die kat sit op die stoep en hy eet 'n stukkie kaas.
Daar kom 'n Skotsman aan, hy maak 'n groot geraas.
Die katjie kyk verwonder, veeg hom met sy poot.
Die Skot speel "Britannia", die kat skrik hom dood.

Maar sy gees kom weer, want hy wil niet langer wag,
sy gees kom weer, met die volgende dag,
sy gees kom weer, o glo vir my dis waar,
die anderdagmôre was die kat weer daar.


Contact
Algemeen Nederlands Zangverbond
Collegelaan 106
2100 Antwerpen
  • 03 237 93 92
  • info@anz.be
Een samenwerking tussen

Algemeen Nederlands Zangverbond, Studiecentrum voor Vlaamse Muziek en Bibliotheek Koninklijk Conservatorium Antwerpen. Met de steun van de Vlaamse Gemeenschap.