Mamma, 'k wil 'n man hê
Volkslied uit Zuid-Afrika
Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, m'n lieve kind?
Wil jij dan ‘n Fransman hê?
Nee, mamma, nee!
'n Franse man, die wil ek nie
want parlez-vous versta ek nie.
Dit is my plesier
met die Boerjongkerels hier.
Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, m'n lieve kind?
Wil jij dan een Duitser hê?
Nee, mamma, nee!
'n Duitserman, die wil ek nie,
want Schweinefleisch dat lus ek nie.
Dit is my plesier
met die Boerjongkerels hier.
Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, m'n lieve kind?
Wil jij dan een Boer soms hê?
Ja, mamma, ja!
'n Boereman, die wil ek hê
in 'n Boer syn arme wil ek lê.
Dit is my plesier
met die Boerjongkerels hier.
Copyright © 2018 - Alle rechten voorbehouden - Algemeen Nederlands Zangverbond
Lay-out door Lien Alaerts en OS Templates