Sarie Marais

Volkslied uit Zuid-Afrika

My Sarie Marais is so ver van my hart,
Maar 'k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
nog voor die oorlog het begin.
O bring my terug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies
by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.

Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
en ver oor die see wegstuur.
Toe vlug ek na die kant van die Upingtonse sand
daar onder langs die Grootrivier.
O bring my terug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies
by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.

Die Kakies is mos net soos 'n krokodillepes,
hulle sleep jou altyd water toe;
hul gooi jou op’n skip vir 'n lange, lange trip,
die josie weet waarnatoe.
O bring my terug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies
by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.

Verlossing het gekom en die huistoegaan was daar,
terug na die ou Transvaal!
My liewelingspersoon sal seker daar ook wees,
om my met 'n kus te beloon.
O bring my terug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies
by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.


Contact
Algemeen Nederlands Zangverbond
Collegelaan 106
2100 Antwerpen
  • 03 237 93 92
  • info@anz.be
Een samenwerking tussen

Algemeen Nederlands Zangverbond, Studiecentrum voor Vlaamse Muziek en Bibliotheek Koninklijk Conservatorium Antwerpen. Met de steun van de Vlaamse Gemeenschap.