Studentelied
Die studente jare gaan verbij
verbij studenteweelde.
Nooit keer hul’ ooit terug vir mij;
die tijd die lieflingsbeelde.
Die koring meul wil nie meer maal,
mij skulde moet ik self betaal.
O, treurigheid op note,
ek staan op eie pote,
O, treurigheid op note,
ek staan op eie pote!
Soos miliepitte spat uiteen,
die oue trouwe vriende;
ek staan nou moedersiel alleen,
en is maar net bediende.
Ek is nie meer mijn eie baas,
ek werk met Paul en Piet en Klaas.
O, treurigheid op note,
ek staan op eie pote!
O, treurigheid op note,
ek staan op eie pote!
Maar moe nie glô al word ons oud,
ons hart kan nooit verander,
ons liefde is nog lang nie koud,
ons staan nog bij mekander.
Dus vrinde, reik mekaar die hand
hernuw die heil'ge vriendskapsband.
Gaan dit met stamp’ en stote,
nog blij ons op ons pote.
Gaan dit met stamp’ en stote,
nog blij ons op ons pote!
Copyright © 2018 - Alle rechten voorbehouden - Algemeen Nederlands Zangverbond
Lay-out door Lien Alaerts en OS Templates