Was jy verdwaal

Was jy verdwaal, deur storms beloop,
in nag so swart, in nag so swart,
ek sou jou in my mantel vou,
dig aan my hart, dig aan my hart.
As gure wind van teespoed
om jou sou huil, om jou sou huil,
my boesem was jou toevlugsoord,
om jou te skuil, om jou te skuil.

Of was ek ver van huis en haard,
in woesteny, in woesteny,
die wildernis was paradys,
met jou by my, met jou by my.
Was ek ‘n koning ryk en jy
my bruid so skoon,
my bruid so skoon,
geen reiner perel kan ooit pryk
in koningskroon, in koningskroon.


Contact
Algemeen Nederlands Zangverbond
Collegelaan 106
2100 Antwerpen
  • 03 237 93 92
  • info@anz.be
Een samenwerking tussen

Algemeen Nederlands Zangverbond, Studiecentrum voor Vlaamse Muziek en Bibliotheek Koninklijk Conservatorium Antwerpen. Met de steun van de Vlaamse Gemeenschap.