Afrikaans wiegeliedjie

Lamtietie, damtietie, doedoe mij liefstetjie, moederhart rowertjie, dierbaarste diefstetjie!
Luister hoe fluister die wind deur die boompietjie, heen en weer wieg hy hom al oor die stroompietjie:
“Doedoedoe, bladertjies, slapenstyd nadertjies. Doedoedoe blommetjies, nag is aan ’t kommetjies”, so sing die windjie vir blaartjies en blommetjies.

Bo in die blouwe lug flikker die sterretjies, hemelse brandwaggies, lampies van verretjies,
wakend oor windjies en wolkies en stroompietjies, wakend oor mensies en diertjies en boompietjies:
“Wees maar gerustetjies, slaap maar met lustetjies!”
So sing die sterretjies, stilletjies, verretjies, vuurvliegies, lugliggies, eeuwige sterretjies!
br> Onskuldig ogies en voetjies en handetjies, wie weet hoe ver moet my kleintjie nog ganetjies!
Ver deur die wêreld se kronkels en gangetjies, bly tog maar kleintjies en bly dit maar langetjies. Bly maar by moedertjie, kindlief se hoedertjie.
Slaap in haar arrempies, saggies en warrempies, doekies dan, doekies in moeder se arrempies!


Contact
Algemeen Nederlands Zangverbond
Collegelaan 106
2100 Antwerpen
  • 03 237 93 92
  • info@anz.be
Een samenwerking tussen

Algemeen Nederlands Zangverbond, Studiecentrum voor Vlaamse Muziek en Bibliotheek Koninklijk Conservatorium Antwerpen. Met de steun van de Vlaamse Gemeenschap.